Local newsNews

DBV red skilpad uit verskoper se drasak

Die Boksburg DBV bemoedig die publiek om geen wilde diere by mense langs die pad te koop nie.

Dit kom nadat die DBV ’n beseerde skilpad van iemand afgeneem het wat die skilpad sommer in ’n sak rondgedra het.

Die skilpad het duidelik stampe verduur en was gedehidreer.

Daar is beweer dat ’n klag van dieremishandeling teen die beskuldigde oopgemaak is.

DBV bestuurder, Wilma Steynbergh, pleit dat mense dadelik die DBV sal skakel indien daar iemand is wat wilde diere aanhou of verkoop, sodat hulle beslag op die diere kan lê.

Permitte om wilde diere aan te hou is ’n vereiste, hoewel dit nie sommer uitgereik word nie.

Volgens Steynbergh, indien die publiek wilde diere by verkopers wat nie permitte het nie sou aankoop, moedig hulle egter die verkopers aan om wilde diere te vang en te verkoop.

Sou hulle daarvoor betaal, word ’n mark daarvoor geskep.

“Wilde diere behoort nie aan mense nie, hulle hoort in die natuur. Hulle behoeftes word nie in gevangenisskap voorsien nie,” sê Steynbergh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button