Local newsNews

ATKV Boksburg Gesinstak in volle swang

Die ATKV Boksburg Gesinstak het hul algemene jaarvergadering, te NG Kerk Boksburg Wes kerksaal, op Februarie 13, gehou.

Ongeveer 30 persone, insluitende ATKV-hoofkantoorstreekorganiseerder, Fatima Abdool, het die vergadering bygewoon.

Die notule van die takjaarvergadering, gehou op Februarie 19 laas jaar, is hanteer en goedgekeur.

Die taktesourier het die finansiële state voorgehou wat deur die vergadering goedgekeur is.

Hierna is die takjaarverslag deur die taksekretaris voorgedra en deur die vergadering goedgekeur.

“Van die belangrikste projekte van die tak was die uitreik na die polisie op een koue wintersaand, toe ons die SA Polisie van Boksburg Noord bederf het met sop en vetkoek,” vertel die voorsitter van die Boksburg Gesinstak, Davie van der Merwe.

Hy sê dat elke personeellid ’n porseleinbeker met die ATKV-logo daarop, ontvang het.

Twee matriekleerders is ook finansieël gehelp om hulle matriekafskeidsfunksie te kon bywoon.

’n Deurlopende jaarprojek was om Huise Thandi en Charis in Benoni by te staan met bababenodigdhede.

Die volgende takvergadering is geskeduleer vir Maart 13.

Die takbestuur wat laasjaar tydens die jaarvergadering op Februarie 19 verkies is, dien vir twee jaar, en daar sal dus eers gedurende die takjaarvergadering van 2015 ’n nuwe takbestuur verkies word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button