EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Faan se Trein steek die R1-million kerf verby

Faan se Trein het, tydens die openingsnaweek, die geld by die loket laat inrol.

Die rolprent het R1.4-miljoen verdien en ongeveer 32 000 mense het, volgens Ster Kinekor Entertainment, na die teaters gestroom.

Dit was die grooste opening van al die nuwe uitreikings op ‘n openingsnaweek en het beter gedoen as internasionale titels The Book Thief, Grudge Match en Paranormal.

Faan se Trein het op nommer twee in die Top 10 geopen, kort op die hakke van Leonardo DiCaprio in The Wolf of Wall Street.

Die rolprent het ook beter as ander onlangse Afrikaanse dramas, Die Wonderwerker en Verraaiers, gedoen.

Faan se Trein het nege KykNet Silwerskerm toekennings ontvang, insluitende Best Rolprent en Best Akteur, vir Willie Esterhuizen.

Die rolprent vertoon tans landswyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button