Local newsNews

Polo Vivo wenner van Meatworld kompetisie

Die jolige atmosfeer by Boksburg Meatworld was Saterdag, 25 Januarie, aansteeklik met die vooruitsig dat iemand gaan wegstap as die eienaar van 'n splinternuwe Polo Vivo.

Die oggend was gevul met verskeie vermaak vir groot en klein, met onder andere ‘n springkasteel, steltloper, en iemand om die gesigte te verf.

Oos-Rand Stereo omroeper, Henry Bruinette, het musiek gemaak en as seremoniemeester opgetree.

Die rede vir hierdie samekoms was die aankondiging van die wenner van ’n Polo Vivo.

Tien deelnemers het elkeen ’n sleutel gekry, maar ongelukkig was daar net een wat die regte sleutel kon kry.

Gert Scheepers was op die einde van die dag die gelukkige wenner.

Scheepers is ’n tegnikus by SAL, en moes hierdie dag by die werk wees, maar het in sy etenstyd vinnig uitgeglip vir die aankondiging, min wetende dat hy gaan wen.

“Ek kan dit nie glo nie, ek bewe nogsteeds. Ek het nog nooit iets gewen nie,” sê Scheepers.

Scheepers voeg by dat hy die boksie waarin die sleutel was in die kas gaan bêre, ter ere aan daardie oomblik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button