Local newsNewsSchools

ATKV hou jeugkamp

Die simposium het die eerste week van Desember te ATKV-Buffelspoort plaasgevind.

Hoërskool Dr EG Jansen het die geleentheid gehad om sewe van hul hoofleiers na die jaarlikse ATKV-jeugleiersimposium te stuur.

ATKV-jeugleiersimposiums word vir die verkose hoofleiers en die graad elf hoofleiers aangebied.

ATKV se doel met hierdie projek is om hoofleiers verder te bemagtig om suksesvolle leiers te wees sonder dat hul akademies daaronder ly.

Die hooftema van 2013 se simposium was “Leiers staan uit”, en het gefokus op algemene leierskapvaardighede met afsonderlike temas wat fokus op motivering, regte, konflikhantering, tydsbestuur, kommunikasie en ingesteldheid.

Vir ontspanning het Lagnes vermaak verskaf.

Na ‘n week by die simposium het Hoërskool Dr EG Jansen se hoofleiers weggestap met nuwe vaardighede en nuwe idees om goeie leiers by hul skool te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button