CrimeNews

Mthethwa skend publiek se vertroue met McBride se aanstelling

Die voorneme van die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, om Robert McBride, voormalige geskorste hoof van die Ekurhuleni Metro Polisie, as die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) aan te stel, maak ’n klug en bespotting van die Minister se uitsprake dat hy korrupsie in die polisie sal uitroei.

So meen Dr Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Die OPOD ondersoek korrupsie in die polisie en die hoof moet nie ’n omstrede persoon wees nie en moet ’n onbesproke karakter hê,” sê hy.

“McBride is uiters omstrede en is beslis nie geskik vir die pos nie. Die publiek moet vertroue hê in die hoof van OPOD, want daar is baie klagtes teen lede van die SAPD.

“Die Ekurhuleni Metroraad het nie eers vertroue in McBride gehad nie en het hom geskors, hoe kan van die publiek verwag word om vertroue in hom te hê?

“Met hierdie optrede skend Mthethwa die publiek se vertroue en is dit duidelik dat McBride se aanstelling weereens kaderontplooiing van die ANC is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button