Boksburg DBV is gemeen. Hulle adverteer diere in die koerant sodat hulle die eienaars kan opspoor, en sit hulle dan in vir aanneming,
Ek was onlangs by hulle oor my kat, wat ek in Dinsdag, 29 Oktober se koerant gesien het, en daar is vir my gesê ek moet R400 betaal voordat ek die kat kan terugkry.
Hoe meer ek probeer verduidelik het dat ek nie die geld het nie, want ek het haar ‘n maand terug laat steriliseer, hoe minder wou hulle luister.
Al wat vir my gesê is, is dat sy jonk is en dat die DBV vir haar ‘n huis sal kry.
Watse tipe mense werk by die DBV? My kind was saam met my en hy het haar vas gehou, min wetend dat ons haar nie sou huis toe kon vat nie.
Die kat lyk so verboureerd in daardie hok, maar hulle sal haar nie vir my gee om huis toe te vat, waar sy warm kan slaap nie.
Ek het met trane uitgeloop, want ek sou iets sê wat eerder kon gebly het.
Dit is die rede hoekom ek nie vir die DBV donasies wil gee nie.
Redakteur se nota: Boksburg DBV bestuurder, Wilma Steynbergh, antwoord: “Ons bedank die Advertiser en die skrywer vir die geleentheid om ons beleid uiteen te sit.
“Ons het aan die dame probeer verduidelik dat daar prosedure in plek is, maar sy wou ongelukkig nie aanvaar wat ons vir haar probeer vertel nie.
“Sy het net gesê ‘los dit’, en het uitgeloop.
“Dit het ons nie eintlik geleentheid gegee om die saak te probeer beredder nie.
“Natuurlik wil ons dat al die diere teruggaan na hul regmatige eienaars – ons droom van so ‘n oplossing.
“Ons moet egter baie seker wees dat ‘n dier wat opge-eis word wel aan die persoon wat hom op-eis behoort.
“Daarom het ons prosedure in plek. Dit sluit die dokument in wat voltooi moet word.
“Dit is egter nie meer ‘n moontlikheid om net die kat ‘te kom haal’ nie, omdat die dame te laat by die DBV opgedaag het.
“Na ‘n periode van ses dae word die diere ons eiendom as hul nie opge-eis word nie.
“Die diere gaan dan op vir aanneming. Daarna moet prosedure gevolg word vir ‘n aanneming, en dit beteken ons moet reëls en regulasies volg, sonder uitsondering.
“Die reëls en regulasies is om te verseker dat die diere na ‘n verantwoordelike huis gaan. Sou die vorige huis nie ‘n verantwoordelike omgewing wees nie, sal die vorige eienaar nie ‘n kandidaat wees nie, en sal dit beter wees vir die dier om na ‘n ander huis te gaan, waar dit voldoen sal word aan sy daaglikse behoeftes.
“Ons is nie ongevoelig nie, maar ons prioriteite is by die welstand van die diere – ook langtermyn. “Daar word verwag van ‘n verantwoordelike eienaar om te voldoen aan, byvoorbeeld, mediese behandeling, inentings, sterilisasie, identifikasie (mikroskyfie of ‘n plaatjie aan ‘n halsband), parasietbeheer en ‘n geborge omgewing.
“Die klaer het ons ongelukkig nie gekontak toe die kat weggeraak het nie, maar eers toe hul die foto in die Advertiser gesien het, nadat die kat al nege dae by ons versorg is.
“Sou die kat enige vorm van identifikasie gehad het, sou daar geen probleem gewees het nie. Die kat sou binne 24-uur terug gewees het by die huis. Selfs as die klaer na die DBV gekom het om te kom soek na haar kat.
“Die kat kon intussen deur iemand anders aangeneem gewees het.
“Ons het verwag dat die klaer aansoek sou doen om die kat aan te neem, maar dit is nie vir haar ‘n opsie nie.
“Die DBV is ‘n welsynsorganisasie en kan nie bekostig om kostes vir individue te dra nie. Die kostes verbonde aan versorging, mediese kostes, identifikasie, parasietbeheer en aanneming is by verre meer as die aannemingsfooi wat ons verwag ‘n verantwordelike eienaar moet betaal.
“Al kan ons dit nie bekostig nie, subsideer ons juis al die aannemingsfooi en probeer van die kostes van die eienaar verhaal.
“Dit is juis omdat ons mense is wat omgee en ‘n passie het vir diere dat ons by ons beginsels staan, vir die diere se onthalwe.
“Dit sluit al die diere in wat verlossing kry deur ingryping van die DBV.
“Ons missie is om wreedheid teenoor diere te vorkom.
“Dit is jammer dat die seun wat genoem word in die klagte nie die geleentheid gegun is om die insident te kon identifiseer as ‘n voorbeeld van verantwoordelikheidsoptrede nie.
“Ons maak van die geleentheid gebruik om ons wonderlike gemeenskap te bedank vir hul ondersteuning.”




Boksburg S.P.C.A ek dink ook julle stink, daar is regtig mense wat die diere teen R500-00 wil aanneem, maar nee nity grity goedtjies laat jou kastig nie toe om daai arme hond wat so diep in jou oe kyk en ook maar wens vir ‘n goeie huis, te laat aanneem nie, en wat word van hulle, julle maak hulle eerder DOOD, eerder as wat daai hond vanaand langs my op die bed kon le, en baie liefde ontvang, ek hoop een van julle beland agter tralies en wens om daar uit te kom, julle kerm julle het nie geld nie, dan kom daar mense wat regtig die diere wil he, en dit is jy kwalifiseer nie, ek hoop julle slaap lekker vanaand