CrimeNews

Ouers en skole is ewe skuldig aan geweld by skole

Ouers en die Department van Onderwys sal dringend moet saamspan om die angel uit geweld by skole te haal.

Dit is volgens die VF Plus in Gauteng se mediawoordvoerder, Amanda de Lange.

Dit is na afleiding van verskeie geweldadige uitbreke in skole, selfs een in Parkdene Primary School, in Boksburg, waar bewerings gemaak is dat ‘n onderwyser ‘n skoolkind so seer gemaak het dat sy naels merke op sy arm gelos het.

‘n Mesgeveg onder leerlinge by die Kgothalang Hoërskool in Bekkersdal het gelei tot die dood van ‘n leerder.

Luidens berigte het die geveg ontstaan nadat stukke van ‘n sambreel die oorledene getref het, nadat dit deur die verdagte teen ‘n klaskamermuur gegooi is.

In twee onlangse voorvalle by Laerskool Jim Fouché is ‘n onderwyser in die gesig geslaan omdat hy ‘n leerder aangespreek het oor sy kleredrag, en by Hoërskool Glenvista is ‘n onderwyser met ‘n besem geslaan en uit die klaskamer gejaag.

“Ons kan nie langer duld dat ons onderwysers by skole aangerand word nie,” het De Lange gesê.

Volgens ‘n nasionale studie om geweld by skole te ondersoek is 52 persent van onderwysers in 2012 verbaal mishandel, terwyl 12 persent van hulle fisies aangerand en drie persent seksueel gemolesteer is.

“Die oplossing kan nie alleen in die klaskamer gesoek word nie; ouers en voogde is eweneens ook verantwoordelik,” het De Lange vertel.

“Ouers se onbetrokkenheid by hul kinders, gebroke gesinne en die afwesigheid van ‘n waardestelsel in die gemeenskap, is maar ‘n paar voorbeelde van probleme.

“Dit het tyd geword dat ouers opstaan en betrokke raak by skole en daarop aandring dat daar behoorlike dissipline en respek is.

“Ons kan nie langer op die kantlyn sit en niks doen nie.

“Die regering se onvermoë tot hede om die probleme in die kiem te smoor moet ook dringend aangespreek word.

“Dit is nou ons, as ouers, se plig om in te gryp en op te staan vir ons kinders.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. I like what you guys are up too. Such clever work and reporting! Carry on the excellent works guys I have incorporated you guys to my blogroll. I think it will improve the value of my website fkekafbfbckk

Back to top button