EntertainmentLifestyle

7de Laan-ateljee bly oop

Die 7de Laan-vervaardigers is verheug om aan te kondig dat produksie nié sal stop nie.

Dié aankondiging volg nadat vervaardigers van Danie Odendaal Produksies vroeër die week in ‘n interne memo gesê het dat opnames noodgedwonge sou moes staak en eers hervat kon word wanneer ‘n kontrak van die SAUK ontvang was.

Uitvoerende vervaardiger, Danie Odendaal, het ‘n konsep-kontrak van die SAUK ontvang. Odendaal beduie dat hy genoeg vertroue in dié dokument het om met ‘n geruste hart voort te gaan met die skietskedule soos beplan.

Na ‘n lang ruk van kommer en stres was die 7de Laan-spanlede verlig om te hoor dat hul werk nie in gedrang is nie.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button