Local newsNews
Koor wil graag toer
Die meisie koorlede van die Ekurhuleni Kinderkoor, wat Boksburg lede het, is volstoom besig om, saam met hul ma’s, fondse bymekaar te maak sodat die koor gedurende Desember oorsee kan toer.

‘n Funksie is onlangs by Thabong Function and Wedding Centre in Brakpan aangebied, en die volgende fondsinsameling is ‘n damesoggend wat op 12 Oktober plaasvind.
Dit word by die NG Kerk, Benoni-Benjamin gemeente, om 9vm aangebied.
Vroue word uitgenooi om die gesellige oggend by te woon en sodoende die koor se drome om oorsee te reis te bewaarheid.
Vir kaartjies en meer besonderhede kontak vir Belinda Maré by 084 384 8322.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



