EntertainmentLifestyle

Anton Myburgh stel nuwe country album vry

Anton Myburgh, die Vaaldriehoek se nederige musiekseun met die goue pen, wat al vir omtrent elke kunstenaar in ons land wat sy sout werd is liedjies geskryf het, verras met sy nuwe album, Country.

Anton het ook nie sommer oornag besluit om nou ‘n Countrysanger te word nie… met ouers soos Pa Corrie Myburgh en Stiefma Cora Marie, het hy van jongs af soveel blootstelling soos kan kom in die musiekbedryf gekry.

In sy eie woorde: “Ek het met countrymusiek groot geword, en dit het daagliks in my ouerhuis gespeel.

“Sowat twee jaar gelede het ek begin countryliedjies skryf, en nou kan ek my eerste country-CD uitreik, met agt van my eie komposisies.

“Die een Afrikaanse lied het ek geskryf en dit was my vriend, wyle Zak van Niekerk, se gunsteling.

Jare Word ‘n Leeftyd het ek vir hom en Sonja gesing toe ek hom die laaste keer gesien het, en om daardie rede het ek die lied hierop gedoen … vir Zak.”

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button