EntertainmentLifestyle
Afrikaanse musiekfees is oppad
Talle Afrikaanse musiekkunstenaars sal op Saterdag, 27 Julie, op die Big Top Arena, by Carnival City, se verhoog verskyn, vir die 12de Afrikaanse Musiekfees.
By hierdie vertoning sal welbekende kunstenaars, asook nuwe talent in die musiekbedryf, te sien wees.
Sommige van die kunstenaars om na uit the sien sluit Chris Chameleon, Rocco de Villiers, Tobi Jooste, Karlien Husselman, Dirk van der Westhuizen, Lee Scott en die 14-jarige Liefste Kayla in.
Tydens die afgelope 12 jaar van Afrikaanse Musiekfees het sowat 200 kunstenaars meer as 35 000 mense vermaak, en hierdie jaar se vertoning beloof om iets te wees om na uit te sien.



