Local newsNews

Ondersteun AfriForum se droogtefonds

Die burgerregte-organisasie wil lede van die publiek aanmoedig om dié inisiatief te ondersteun deur die vertonings in hul dorp by te woon.

Ernstige droogtetoestande is sedert 2015 ’n reuse probleem, veral in die Noord-Kaap. In sommige gebiede is alle reserwes reeds uitgeput en is boere en die gemeenskap raadop.

AfriForum beoog om dié boere en hul gesinne te help deur 18 vertonings landwyd aan te bied in samewerking met Adam Tas, Jakkie Louw, Ghapi en Pietman Geldenhuys.

Elke sent wat ingesamel word gaan vir AfriForum se droogtefonds.

Op 5 Maart kan die publiek dié inisiatief by Live@Wildebeest in Boksburg ondersteun.

Die vertoning sal om 6.30nm plaasvind en kaartjies is by Ticketpro of by enige Spar beskikbaar.

Bring die hele familie en geniet die aand ten bate van AfriForum se droogtefonds.

Vir meer inligting kontak Helen Bergh, voorsitter van AfriForum se Boksburg-tak op 072 144 5693.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button