Local newsNews

Colleen praat oor haar deelname aan realiteitsreeks Ster-Status

Die Advertiser het gaan uitvind wie die sprankelende finalis werklik is.

Colleen Fourie van Beyers Park is een van die 12 finaliste wat te sien is in Apprentesses SA se splinternuwe realiteitsreeks, Ster-Status.

V: Vertel wie is Colleen.

A: Colleen is nederige 28-jarige, gebore in Heidelberg en grootgeword in Benoni en kom uit ’n familie van onafhanklike vroue wat nie bang is vir harde werk nie. Daarom is dit nie vreemd dat sy geïnspireer word deur stories van dames wat twee beroepe het om hulle gesinne te onderhou nie.

Sy is werklik die spieëlbeeld van Cyndi Lauper se liedjie: “Girls just want to have fun”. Dis presies wat ek daagliks nastreef om te doen in elke opsig en om die lewe te geniet, want dit is werklik kort.

Verder is dit die klein dingetjies in die lewe wat vir my saakmaak, soos hoe die natuur funksioneer en die manier waarop ’n mooi sonopkoms jou asem kan wegslaan.

V: Jy wou nog altyd deel wees van die vermaaklikheidsbedryf. Wat was jou inspirasie agter hierdie besluit?

A: Ek wou nog altyd deel wees van die ‘ligte-kamera-aksie-’ deel van die vermaakbedryf. Dit het vir my na soveel pret gelyk. En as ’n mens soveel fun by werk kan hê sal ’n mens nooit jou kosbare tyd en lewe mors nie.

V: Jy is ook nou deel van Apprentesses SA se realiteitsreeks. Is dit jou eerste keer voor die skerms?

A: My aansluiting by die Apprentesses SA reeks was eerlik ’n spur-of-the-moment, onbeplande, impulsiewe besluit om in te skryf. Dit het soos pret geklink, maar ek dink nie ek het heeltemal besef wat dit alles behels nie. Ek was in vir ’n ding!

Die reeks was my eerste keer voor enige tiepe skerm ja, maar dit is vreeslik opwindend en werklik ’n belewenis om die behind the scenes te beleef.

V: Hoe het jy by die program betrokke geraak?

A: Ek het hulle advertensie op sosiale media gesien en die reeks se naam was vir my aanloklik. Ek het geweet die definisie van ’n apprentice is iemand wat streef om ’n sekere beroep/taak te verrig en on-the-job-training van die professionele mense te ontvang.

Aangesien die vermaaklikheidsbedryf nogal altyd belangstelling in my opgewek het, het ek uiteindelik besluit why not?

V: Hoe het jy gevoel toe jy gehoor het dat jy nou deel van die program is?

A: Ek het geglo dat ek darem sal inkom, maar toe ek dit gehoor het was dit skrikkerig. Ek het gewonder wat het ek gedoen en so effens begin twyfel maar ek het myself reggeruk en dadelik nuwe doelwitte begin vorm om op te fokus.

V: Vertel ons ’n staaltjie van jou beste dag.

A: Daar is te veel dae wat vir my nostalgie inhou, maar ek dink die heel laaste dag, die finale, was die grootste tuimeltrein van emosies, opgewondenheid, angs, en hartseer dat alles tot ’n einde gekom het. Die hele span dames en almal agter die skerms het familie geword en dit was hartseer dat dit die laaste keer is wat ons almal saam sou wees.

V: Het jy enige uitdagings ervaar? Indien ja, hoe het jy dit hanteer?

A: Meer soos vele uitdagings. Van skewe wenkbroue na blou kolle op altwee my bene. Ek het dit net ge-wing en daar was ’n handjievol mense wat werklik daar was vir ’n mens en omgegee het.

V: Is daar dalk enige geheime van die program wat jy uitlap?

A: Natuurlik is daar altyd ’n paar geheime met sulke reeks, maar dis vir my om te weet en julle om aan te hou wonder wat dit is!

V: Daar is talle bekendes betrokke by Ster-Status. Wie was die lekkerste om te ontmoet?

A: Snaaks genoeg, ek het nie eintlik vooraf geweet hulle is bekend nie. Ek dink dit was dalk tot my voordeel omdat ek hulle soos normale mense hanteer het en lekker gemaklik met hul gesels het. Dit was regtig so interessant en lekker om almal se raad en verhale te hoor, maar as ek iemand moet uitsonder wat op my persoonlik ’n groter impak gemaak het was dit Leandie du Randt.

V: Donnalee Roberts en Jeannie D is jou grootste rolmodelle. Waarom?

A: Wanneer dit by die vermaaklikheidsbedryf kom is hulle ’n voorbeeld van hoe ek sou wou wees. Hulle hele aura en menswees skreeu pret en om die lewe te geniet. Hulle is vreeslik kalm en gemaklik voor die skerms en duisende mense. Indien dit afsmeerbaar was sou ek hoop en wens dit smeer op my af.

V: Wat wil jy nog graag in die toekoms bereik?

A: Ek het die afgelope dekade baie oor myself geleer en hoe ek verander het. Alhoewel my belangstellings nog 10 keer gaan verander, is ek gemaklik met wie ek is wil ek my lewe geniet. Ek wil ’b verskil in die wêreld maak. Daar is nog verskeie dinge wat ek wil bereik. Ek is nie net een-dimensioneel nie. Ek is ’n vier-dimensionele mens, wat beteken ek het verskeie belangstellings in verskeie dinge en industries vanaf vliegtuie en rekenmeesterskap na die vermaaklikheidsbedryf. Wie weet wat môre inhou.

V: Is daar iets wat jy wil byvoeg wat jy voel belangrik is?

A: Ek voel ’n mens moet nie jouself verander om aan te pas of enige kompetisie te wen nie. Dis alles tydelik en as jy dit doen verloor jy jou unieke menswees wat soveel meer kosbaarder is as enige kompetisie en tydelike roem. Behou altyd jou morele kompas en geloof in alles wat jy doen, sodat jy opreg bly in enige omstandighede.

Ster-Status word op Maandae om 6nm op VIA (kanaal 147) uitgesaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button