Volkspelers geniet samekoms en dans
Aangesien volkspele regoor Suid-Afrika dieselfde bundel het (127 spele), kan hulle op enige plek, dorp of stad byeenkomste hou, en almal kan dan saam volkspele hou.
Voortrekkers het onlangs vir ’n kenmekaargeleentheid by die NG Kerk in Witfield bymekaar gekom.
Die Voortrekkerkommando, Susan Badenhorst, onder leiding van Gerhard Marais en ’n groep Volkspelers uit die Oos-Rand, onder leiding van Stiaan van der Walt van Inspan Volkspelelaer, het die geleentheid bygewoon.
Die Volkspelers was van Inspan Boksburg, Saamstaan Kempton Park en Suiderland Primrose.
Die Voortrekkers het eers gekyk hoe volkspele gedoen word. Daarna het hulle heerlik saam gedans en gesing.
Die Afrikaanse Volksang- en Volkspele Beweging het ook gedurende Julie 2019 drie kursusse aangebied wat goed ondersteun was.

Die eerste kursus was vir senior volkspelers in Mpumalanga by DeVoetpadkloof aangebied. Willie Olivier van Kimberley was die kursusleier. Sowat 40 spelers het deelgeneem.
Die tweede kursus is in Paarl aangebied. Hierdie kursus is vir Graad 10 tot 12 leerders en is baie gewild onder die jongmense.
Die kursusleier was Susan le Roux van Benoni en die begeleier was Ronell Roux van Simonstad.
Die Oos-Rand is hier deur Bernard du Plessis, Marinda Pelser en Samantha Smit verteenwoordig.
Die derde kursus was ook in Paarl aangebied. Die kursus is net so gewild onder die jonger volkspelers.
Gerda Gutter van Brandfort in die Vrystaat was die kursusleier en die begeleier was Hanrie Theron van Paarl.
Vir meer inligting, skakel Ria Kasselman van Inspanlaer by 072 630 7063.



