Martinus Claassen is nou amptelik as die nuwe adjunkhoof van Laerskool Concordia aangestel.
As adjunkhoof gaan hy sy bes te probeer om Concordia ‘n gelukkige plek vir elke kind en onderwyser te maak sodat elkeen optimaal kan presteer.
Sy visie vir die skool? “Ek wil graag hê dat Concordia ‘n gebalanseerde skool moet wees. Dit is vir my ook belangrik dat ouers hulle kinders met ‘n geruste hart by ons kan aflaai.”
Martinus sal steeds die waarnemende hoof van die skool bly. Die departement het die skool ook verder ingelig dat hulle nog in die proses is om ‘n nuwe hoof aan te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



