Plaaslike Apprentesses SA wenner nou ‘n TV-aanbieder
Sy hoop haar reis gaan gewone mense inspireer, omdat sy ’n gewone mens is.
Apprentesses SA wenner van Boksburg, Luré Delport, gaan haar lyf nou televisie-aanbieder hou op ’n splinternuwe realiteitsprogram, Ster-Status.
Die vrouebemagtingsprjoek Apprentesses SA help sedert 2014 om vroue se drome in die vermaaklikheidsbedryf te bewaarheid.
Vanjaar trek hierdie suksesvolle inisiatiaf ’n nuwe baadjie aan in die vorm van ’n realiteisprogram, Ster-Status, wat vanaf 5 Augustus elke Maandag om 6nm op VIA uitgesaai sal word.
Bekendes, soos Leandie du Randt, Deon Groot, Francois Olivier, David Konrad, Amorie Pearson, Pamela Niemand, en besighede gaan deel van die program wees.
Talle organisasies, soos Hanna Charity & Empowerment Foundation, CHOC en Gracia, sal baat by die liefdadigheid aspek daarvan.
“Om deel te wees van hierdie program het een van my grootste drome waar gemaak. Ek wou nog altyd voor die kameras wees. Ek kan nie beskryf hoevel hierdie geleentheid vir my beteken nie,” het Delport, wat ook ’n trotse Graad Drie onderwyser is, gesê.
“Ek borrel van binne. Dit wys jou net wat kan gebeur as jy aanhou glo en bid. Harde werk is natuurlik ook van kardinale belang om jou drome na te jaag.
“Hierdie program het nuwer geleenthede na my kant toe gebring. Dit was vir my lekker om mense te ontmoet in die bedryf waarvoor ek lief is. Apprentesses het regtig my lewe verander en ek is so dankbaar daarvoor.
“Hulle het my fondasie geleer om suksesvol in die bedryf te wees.”
Sy voeg by dat dit vir haar ’n moeilike taak was om die wrede, maar belowende, industrie te betree.
“Daar is druk in die industrie en ek moes beslis leer om sterk te staan. Ek het dit gedoen omdat ek weet dat ek na iets toe werk. Ek wou nog altyd mense vermaak en inspireer,” voeg sy by.



