NewsSchools

Laerskool Concordia se leerders verras bejaardes

Die oggend se saamwees met die bejaardes ook die kinders laat besef hoe kosbaar tyd is.

Die leiers en monitors van Laerskool Concordia het op 12 Junie die inwoners van SAVF Huis Dien Bothma se oggend opgekikker.

Hulle het ’n vermaakprogram in die saal aangebied, waarna hulle ’n geestelike lied gesing het.

Leerlinge van die skool het ook produkte soos tandepasta, waslapppies, sepies, sagte lekkers en koekies geskenk.

Volgens Ronel Steenkamp, die skool se woordvoerder, was dit vir die kinders ’n ongelooflike belewenis.

“Die leerders het met goeie gees vanaf die skool vertrek met die pakkies wat hulle vir die bejaardes gepak het. Om die glimlagte op elke bejaarde se gesig te kon sien en die warm handrukke wat hulle uitgedeel het, het menig met trane in die oë gelaat,” vertel Ronel.

FOLLOW US:

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button