Local newsNews

Gemeenskap geruk na sinnelose moord op onderwyseres

Die polisie is nog besig om die saak te ondersoek.

Die gemeenskap is in rou gedompel na die onlangse moord op afgetrede onderwyseres Linda Helena Breytenbach (66).

Volgens Rainier Myburgh, waarnemende hoof van Laerskool Goudrand, het Linda haar lewe lank in Boksburg gewoon. Sy het vir byna 40 jaar Afrikaans by Laerskool Goudrand gegee tot sy amptelik in 2018 afgetree het.

Sy het haar kwalifikasie by die NKP verwerf en daarna byna ’n jaar by Laerskool Concordia skool gehou.

Sy het toe by Laerskool Hennie Basson, wat nou bekend staan as Laerskool Goudrand, begin skoolhou.

“Sy was ook opgelei om aardrykskunde te gee en het ook nie geskroom om by naskoolse aktiwiteite soos netbal betrokke te raak nie,” voeg Myburgh by.

“Kinders en onderwysers was lief vir Linda en is diep geraak deur die tragiese gebeurtenis. Die positiewe invloed wat sy op die leiers en biblioteek gehad het, sal altyd onthou word. Hier was haar werk altyd van uitstaande gehalte.

“Ons is baie dankbaar dat sy ’n aflospos gedurende die kwartaal by ons aanvaar het.”

“Sy het nie verdien wat met haar gebeur het nie. Sy was ’n liefdevolle, hulpvaardige mens wat uit haar pad uit sal gaan om mense te help,” vertel Jessica Prinsloo, sekretaresse by Laerskool Goudrand.

Laerskool Witfield, waar sy in 2019 van die tweede kwartaal af in ’n aflospos Afrikaans gegee het, is ook hartseer en diep geskok.

“Ons kan nie verstaan hoekom dit met haar gebeur het nie en wil ook graag ons meegevoel met haar geliefdes deel,” sê Liana Gemmell, onderwyseres van Laerskool Witfield.

Daar word verneem dat die diens Vrydag om 12 uur gehou sal word.

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button