Video: Tobie Cronje deel wysheid by Oosrand Sakevroue se vergadering
Die Oosrand Sakevroue het weereens van die geleentheid gebruik gemaak om mekaar beter te leer ken. Almal wat al een van die sessies beleef het, besef dit is nie ’n geleentheid wat mens sommer vergeet nie.
Die oomblik was groot vir Oosrand Sakevroue toe gewilde akteur Tobie Cronje (70) hulle onlangs by Summer Place toegespreek het.
“Oom” Tobie, wat veral bekend is vir sy rolle in Binnelanders en Die Rebellie van Lafras Verwey, het die gaste vermaak met sy insiggewende lewenswyshede.
Hy het hulle ook aan die goeie ou dae herinner.
Die komiese kunstenaar het tot die gaste se verbasing oor ernstige sake gepraat.
Hy het onder andere gepraat oor die vroue wat die grootste impak op sy lewe gehad het en het ook die emosies hoog laat loop toe hy oor sy oorlede ma gepraat het.
Tobie het ook op aanvraag die gedig Vroegherfs van NP van Wyk Louw voorgelees:
“My ma en my suster het ’n groot impak op my lewe gehad,” vertel Tobie.
“My ma se dood het my lewe verander en my hart gebreek. Ek troos myself daaraan dat sy so vreedsaam gelyk het net voor haar dood.
“Daarom wil ek ook hê dat mense moet besef dat die dood nie net ’n slegte ding is nie.”
Die ewe bekende aktrise en rolprentmaker, Katinka Heyns, wat saam met hom in produksies soos Babbelkous gespeel het, speel tot vandag toe ’n groot rol in sy lewe.
FOLLOW US:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.



