Local newsNews

Behoeftige kinders baat by Paaseierprojek

Die paaseiers sal vroeg in Mei aan die kinders oorhandig word.

Solidariteit Helpende Hand en Golden East Round Table 181 poog jaarliks om kinders se lewens op te helder oor die Paasfeestydperk deur die bymekaarmaak van paaseiers vir behoeftige kinders in verskeie skole.

Laerskool Die President, Laerskool Witfield en Laerskool Goudrand sal by die projek baat.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie wat veral betrokke is by behoeftige skole, ouetehuise, individuele gesinne en wit plakkerskampe.

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan wees.

“Hierdie is ’n jaarlikse instelling wat ’n onmisbare verskil in mense se lewens maak. Ons is baie dankbaar dat Golden East Round Table ons in staat stel om geskenkpakkies met paaseiers en sagte speelgoed op te maak vir ons Paashaas Projek,” het Alida Reed van Solidariteit Helpende Hand Boksburg gesê.

“Dit is vir my baie hartseer dat sommige kinders die paaseiers met die papiertjie nog om wil eet, aangesien hul nie gereeld sulke bederfies kry nie.”

Die Round Table is ook ’n nie-winsgewende organisasie van jong mans wat hul beywer om gemeenskapswerk te verrig en is baie betrokke by liefdadigheidsorganisasies.

“Dit is ’n voorreg om betrokke te wees by Helpende Hand, omdat dit vir ons belangrik is om na die gemeenskap uit te reik. Saam kan ons meer vermag,” sê Jean-Claude Duarte van Golden East RT 181.

Solidariteit is afhanklik van donasies om hul goeie werk voort te sit.

Kontak Alida Reed by 082 228 3552 vir meer inligting.

Jong mans wat graag betrokke wil raak by die Round Table, kan Leigh Michael by 082 558 9375 of Jaen-Claude Duarte by jc@goldeneast181.co.za kontak.

Alida wil ook klem daarop plaas dat Helpende Hand behoeftiges help waar hul kan, ongeag hul ras.

LEES OOK

Solidariteit Boksburg maak harte bly tydens Paasfees 

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button