Die Ghoema-benoemde muskiekgroep Serenade het hulself die afgelope week by Hoërskool Dr EG Jansen se Bybelete oortref.
Gaste kon die Paasfees op ’n hoë noot met die tema van Liefde afskop.
Die groeplede van Serenade, Juandré van den Berg, Dawie de Wet, Mynhardt Krüger en Fredric Dacomb het die gehoor vermaak met grappe wat tot die sukses van die aand bygedra het.
Gaste was veral gaande oor hulle weergawe van Kurt Darren se treffer Hemel op Tafelberg. Hul verhoogdebuut was in Krone 5 in Pretoria en Kaapstad, en hul eerste album, Bly lief vir my, is op 12 Oktober 2018 bekend gestel.

Gaste het gespring om Serenade se CD te koop. Die nuwelinge het ook op 5 April ’n nuwe enkelsnit vrygestel, #NooitTeLaat.
Die aroma van die heerlike botterskorsie -en- groentesop het die skoolsaal onmiddelik ’n knusse hitte gegee. Daar was ook aan kaasstokkies, vetkoek en vars broodrolletjies gesmul.
Ds Barry Fourie van die Evangelies Gereformeerde Kerk Boksburg het ’n inspirerende Paasboodskap gelewer. In die diens het die dominee na die 10 gebooie verwys en het ook verduidelik hoe dit aan liefde gekoppel kan word.

Nog ’n kunstenaar, Sunel Gilliland, het ook fleur aan die geleentheid gegee en die lagspiere behoolik geprikkel met haar komiese vertolking van liefde.
“Dit was ’n groot voorreg om die geleentheid met almal te deel. Die groot opkoms het al my verwagtings oortref. Daar moes ’n ekstra tafel ingedra word. Dit is vir my ’n riem onder die hart. Ek wens almal ’n veilige en gelukkige Paasfees toe,” sê die organiseerder van die geleentheid, Esti Aucamp.
OLLOW US:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail



