Editor's choice

EG Jansen gee Kemptonpark behoorlik pakslae

Jansen glo dat daar altyd ruimte vir verbetering is, daaroom word daar steeds hard geoefen en hoop om deur die loop van die seisoen op hul stukke te wees.

EG Jansen staan nie verniet bekend vir sy fisieke rugbyspel nie, dus was dit geen verrassing toe hulle vir ’n slagting gesorg het by die vriendskaplike Derbywedstryd teen Hoërskool Kemptonpark wat die afgelope naweek in Boksburg gespeel is nie.

Die tuisspan, EG Jansen, het korte mette met hul teenstaanders gemaak en het nie ’n enkele wedstryd verloor nie.

Die volgende tellings is behaal:

Die Jansies se eerstespan behaal ’n indrukwekkende telling van 68–8 nadat die wedstryd gestop is weens die reeds hoë telling.

  • Tweedespan: Jansen wen 43-0
  • Derdespan: Jansen wen 29-10
  • Vierdespan: Jansen wen 29-0
  • o-16A: Jansen wen 36-9
  • o-16B: Jansen wen 27-7
  • o-15: Jansen wen 64-0
  • o-14A: Jansen wen 51-12
  • o-14B: Jansen wen 34-7
Die eerstespan se losskakel, Kyle Potgieter, poog om nog punte vir sy span aan te teken.

“Die dinamika in die Jansies se spanne was opvallend en hulle het beïdruk deur vroeg reeds hulle staal te wys teen Kemptonpark. Hierdeur is weereens gewys dat EG Jansen nooit as ’n onderskatte span gesien kan word nie,” het Chrizanne Pretorius, hoof van bemarking, gesê.

“Daar was uitstekende rugby gespeel. Ek het nie verwag dat dit soos ’n kriekettelling sou lyk nie. Sowel die afrigters as die spelers verdien die lof met die uitsonderlike prestasies,” vertel Pretorius.

Weens die ongure weersomstandighede die afgelope naweek is die netbal tot die 11de April uitgestel.

Franco Enslin (18, agsteman) het ’n driekuns en Tylon Kotze (18, vleuel) het twee drieë vir die eerstespan gedruk.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button