NewsSchools

Na 25 jaar se diens groet Oosies se hoof

Pieda beplan om in sy aftrede tyd by die huis, met ’n verfkwas in sy hand, te spandeer. Hy is ook gereed om sy staal op die gholfbaan te wys.

Met heimwee en ’n geruste hart groet Pieda van Vreden (63) Hoërskool Oosterlig hierdie maand.

Pieda het vir 25 jaar diens by Oosterlig gelewer. Hy is in November 1994 as adjunkhoof aangestel en vanaf 2003 dien hy vir 16 jaar as hoof van die skool.

Hy het sy skoolloopbaan in Nigel, sy geboortedorp, voltooi. Daarna verwerf hy sy hoëronderwysdiploma by die Potchefstroomse Universiteit, nou Noordwes-Universiteit, en later voltooi hy sy BCom-graad aan Unisa.

Hy skop sy loopbaan amptelik in 1982 by Hoër Volkskool Heidelberg af. Ná 12 jaar as departementshoof verlaat hy Volkies vir Boksburg.

Pieda het nie net in die goeie ou dae uitgestaan as bedryfswetenskap onnie nie, hy was ook ’n toegewyde atletiek-, rugby-, krieket- en gholfafrigter. Hy het self ook rugby en gholf gespeel, maar die gholfgogga het hom later behoorlik gebyt.

“Die pligstaak van ’n hoof het totaal en al verbreed. Jy is die finansiële bestuurder, berader en pa van die skool. Dit is stresvol,” sê Pieda.

Hy sê deel van sy sukses is te danke aan ’n sterk ondersteuningstelsels in die topbestuur.

“Samewerking is van kardinale belang.

“Dit was vir my ’n nagmerrie om aan die begin van ’n jaar vir ’n matrikulant te verduidelik dat hul nie ’n matrieksertifikaat gaan kry nie. Gelukkig het dit nie baie gebeur nie.”

Hy spog dat Oosterlig in 2016 as die beste akademiese skool in die Ekurhuleni-Suid distrik aangewys is.

Hy wil graag aan onderwysers, kinders en ouers vir hul toewyding oor die jare dankie sê. Hy is ook dankbaar vir die ondersteuning wat sy vrou en kinders hom bied.

FOLLOW US:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button