NewsSchools

Polisie gee plaaslike leerders waardevolle wenke teen misdaad

Ruan Grobler, Keano Olifant en Jaden Botha, ook leerders van die skool, het die honde se vertoning die meeste geniet en weet nou dat hul, onder andere, nie eetgoed by vreemdelinge moet vat nie.

Dit uiters belangrik om vermiste kinders onmiddelik aan te meld.

Dit is volgens Konst Ntsako Ledwaba, polisiewoordvoerder van Boksburg SAPD.

Lede van die polisiestasie het onlangs vroegoggend reggestaan om leerders by Laerskool Goudrand waardevolle wenke teen misdaad te gee.

Die leerders het groot aanklank by die polisiehonde-eenheid se dinamiese vertoning gevind.

Hulle is ook bewus gemaak van die enorme bydra wat die vierpotige vriende lewer.

Daarna is daar met die hulp van SWS Security en ER24 ’n kapingscenario op die rugbyveld vir die leerders uitgebeeld sodat hierdie leerders weet hoe om in só situasie op te tree.

Leerders word aangeraai om na die kapers te luister. Die polisie sal dan uitkom om die situasie onder beheer te kry.

“Die leerders besef nou hoe vreesaanjaend so ’n scenario kan wees,” het Ledwaba gesê.

Adrian Cronje, ’n leerling van Laerskool Goudrand, het gesê: “Vir ons is die polisie uitstekend en ons voel nou baie veiliger na vandag se opleiding.”

Sers Matwetja Pina van die Boksburg Noord Maatskaplike Misdaadvoorkomingseenheid het die leerders aangespoor om enige verdagte motors naby die skoolgrond aan te meld.

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button