Laerskool Westwood vier vanjaar hul 80ste verjaarsdag.
Op die eerste dag van die skool was daar 22 kinders in die skool wat almal in een klas was. Daar was geen busse of vervoer nie.
In 1940 was daar slegs vier personeellede, vier klasse, een badkamer en ’n kantoor.
In 1992 het Westwood amptelik ’n model-C skool geword en in 1995 word die eerste Graad 0-klas met 19 kinders van stapel gestuur.
In 2001 word die huidige skoolhoof, André van Rensburg, as hoof aangestel.
“Om 80 jaar oud te word met grasie, met versorging in elke faset sigbaar, met prestasies wat net al meer en beter word, dit getuig van ’n skool waar die Here se guns en seën baie duidelik rus,” het Van Rensburg gesê.
“Westwood is baie bevoorreg om ouers, kinders en personeel te kan hê wat uiters lojaal en trots is op die laerskool.
“Elke positiewe woord wat van hierdie skool gespreek word, is soos ’n lig wat aangesteek word en Westwood se mooi naam net nog verder en mooier verlig.
“In die voorportaal brand permanent ’n lamp as simbool van Laerskool Westwood se dankbaarheid dat ons in Sy lig mag leef, werk en groei.”
LEES OOK:
Video: Laerskool Westwood se heeerlike 80ste-verjaarsdagtee
Follow us:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.



