EntertainmentLifestyle

Boksburg kunstenaar se musiek praat met jou hart

Die kunstenaar se debuut CD, Skadu’s van my hart, het al baie harte warm gemaak.

 

André van Wyngaardt is ’n sanger, liedjieskrywer, komponis en skilder wat oorspronklink van Delareyville in die Noordwes af kom.

Hy bly egter vir die afgelope twee jaar in Ravenswood.

“Ek is lief vir Boksburg. Dit is ’n pragtige gemeenskap en so sentraal.”

“Hier is iets van alles,” sê van Wyngaardt.

Hy het gesê sy liefde vir musiek was nog altyd daar, toe hy nog ’n baba was het sy ma op hom afgekom toe hy Stille Nag geneurie het.

“Musiek was net altyd ’n deel van my. In 2008 het ek vir my ’n kitaar gekry en my eie liedjies begin skryf.”

Van Wyngaardt kom uit ’n kunstige en musikale familie, sy ma het gedigte neergepen en sy pa se kant van die familie het die Van Wyngaardt Broers opgelewer.

Sy ouers was kunshandelaars en het ook in hom ’n liefde vir kuns gekweek.

Van Wyngaardt het op skool al in die koor en toe later ook in die kerk begin sing.

Met sy eerste CD vrystelling in 2012 het hy ernstig begin optree en sy musiek loopbaan in eerste rat gesit.

Hy is nou ’n voltydse kunstenaar en alhoewel sy skilderye iets is om te bewonder, plaas hy nou al sy fokus op sy musiek.

Van Wyngaardt tree graag vir liefdadigheidsorganisisasies op en het al verskeie musiekvideos vrygestel.

Hy fokus op oorspronklike eerlike musiek wat hy in die allerdaagste lewe vind.

“Die lewe inspireer my, meeste van my liedjies kom vanuit persoonlike ervarings.”

Soos almal moes dié sanger al baie klippe in sy lewe kou, maar hy het die kuns bemeester om die slegte dinge in pragtige liedjies te omskep.

“Ek het my seer uitgesing,” sê Van Wyngaardt.

Die talentvolle kunstenaar het sy tweede CD, Die Engele Haal Asem, in 2017 vrygestel. Sy liedjies word op verskeie radiostasies gespeel en is ook aanlyn beskikbaar.

  • Kompetisie

Die nuutste sangkompetisie, Die Kontrak, is onlangs op die kanaal Via van stapel gestuur en Van Wyngaardt het nie op hom laat wag nie. Sy inskrywing is op sy Facebookblad beskikbaar en hy is opgewonde oor wat die kompetisie kan behels.

“Ek hoop regtig ek word gekies om aan die kompetisie deel te neem.

“Dit sal my help om my loopbaan ’n hupstoot te gee.”

As onafhanklike kunstenaar wat reeds sy merk gemaak het, is Van Wyngaardt hoopvol dat die kompetisie hom na nuwe hoogtes gaan neem.

Sy musiek inspireer en motiveer. Hy is ’n lid van die gemeenskap wat die mooi dinge in die lewe nastreef en beloof om baie dinge met sy talente reg te kry.

Vir die inwoners van Boksburg met groot drome se Van Wyngaard: “Jy mag nie opgee nie, jou vrese moet nooit in die pad van jou drome staan nie”.

Vir meer inligting gaan besoek sy Facebookblad: André van Wyngaardt Musiek of stuur ’n e-pos na andrevwmusiek@gmail.com

  • Wen

Tien gelukkige Boksburg inwoners kan ’n CD van hierdie kunstenaar wen.

E-pos jou naam, van, selfoonnommer, adres asook die titel van sy nuutse CD Die Engele Haal Asem na sunelg@caxton.co.za voor of op 11 Junie en jy is dalk een van die gelukkige wenners.

LEES OOK:

Afrikaanse musiekbedryf is propvol talent maar geen groot treffers

Volg ons:

Twitter

Instagram

Facebook

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button