Mosbolletjies woeker en brei om behoeftiges te help
Die wol is in die mooiste items verander wat baie Boksburg inwoners gaan warm hou hierdie winter.
Die Mosbolletjies is ’n herformde kerkgroep van sowat 12 afgetreede dames wat graag die gemeenskap bystaan.
Hulle het hierdie maand ’n groot donasie van wolkomberse, woltruitjies, sokkies en mussies aan verskeie organisasies in Boksburg gemaak.
Mussies en sokkies is vir inwoners van die Witfield Park se Trans 50-afdeling gegee, truitjies en komberse by drie laerskole in Boksburg afgelewer, asook by verskeie liefdadigheidsorganisasies.

“Ons moet na ons gemeenskap kyk,” sê Alida Bekker, die groep se koördineerder.
Die groep het baie woldonasies van dokters, maatskappye en kerke in Boksburg gekry.



