NG-Kerk Bonaeropark hou ‘n 50 jaar fees
Die gemeente, met lede van Boksburg, beplan om ’n groot makietie te hou.

Die NG Gemeente Bonaeropark vier vanjaar hul 50ste bestaansjaar.
Die aand van 1 Junie vind bingo plaas en op die oggend van 2 Junie sal daar ’n pretloop plaasvind (3km, 5km en 10 km).
Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Elvis Blue tree ook die aand van 2 Junie by die gemeente op.
Dieselfde aand is daar ’n kaas en wyn wat in die kerksaal gehou gaan word.
Om ’n spesiale element tot die 50 jaar fees te voeg is die kerk tans besig om ’n fotomuur te bou.
Hiér kan enige foto’s, wat betrekking het op die gemeente van die afgelope vyf dekades, vertoon word.
Die muur is in tydgleuwe van vyf jaar ingedeel. Huidige en voormalige ledemate word aangemoedig om hul foto’s tot die versameling te voeg.
Vir meer inligting oor die fees en kaartjies skakel die kerkkantoor by 011 973 4916.



