Local newsNews

Heerlike kabaret-kuier by Sarie Klub

Anserie Badenhorst het met haar nuwe kabaret opvoering My Land, my mense, my lied by die laaste Sarie Klubfunksie van die jaar opgetree.

Die Kerstema-feestelikheid het op 21 November te Summer Place plaasgevind.

Badenhorst het 25 jaar gelede Carpe Diem Dramaskool in Kempton Park gestig.

Met ’n vermaaklike storievertelling het sy bekende liedere soos Sonbrilletjies en Stuur groete aan Mannetjies Roux gesing.

Tydens hierdie geleentheid was Wilna Oosthuizen as die Sprankelvrou van die Jaar aangewys.

Sy het gedurende 2017 die meeste gaste na die Sarie Klub genooi.

Die Sarie Klub se eerste byeenkoms vir volgende jaar sal op 20 Januarie plaasvind.

Vir enige klubaangeleenthede of om aan te sluit, skakel Susan Noppe by 083 268 7245.

Mariette du Plooy (links) en Sandra Nortje.
Nicolene Ehlers, Lydia Laurens, Bertha Blokker en gaskunstenaar Anserie Badenhorst.
Elize (links) en Landi Redelinghuys.
Veronica Bezuidenhout (links), Cecilia Consalves en Susan Noppe.
Wilna Oosthuizen is as die Sprankelvrou van die Jaar aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button