NewsSchools

Jonges presteer in kuns, wiskunde

Step-Up Pre-Primêr leerders, tussen die ouderdomme vier en ses, het op 12 Augustus aan die Del Arté kunswedstryd deelgeneem en spog met drie item wenners.

Hulle was Dylan Fourie (Afrikaanse Poësie seuns, Graad RR), Aiden Fourie (Afrikaanse Poësie seuns, Graad R) en Liané Conradie (Engelse Poësie dogters, Graad R).

By Step-Up Pre-Primêr is dit belangrik om hul kleuters die nodige blootstelling te gee en om hulle te help om hulle selfvertroue te ontwikkel.

Step-Up Pre-Primêr se Gideon de Vries (Graad R) het die Beste Presteerderstoekennings by die jaarlikse Abacus Maths ontvang.

Drie van Step-Up Pre-Primêr se leerders het aan die jaarlikse Abacus Maths kompetisie, wat ook op 12 Augustus plaasgevind het, deelgeneem.

Gideon de Vries (Graad R) en Darius Barnard (Graad Vyf) het die Beste Presteerderstoekennings ontvang.

Annerien Erwee (Graad R), van Step-Up pre-Primêr, het ’n silver medalje by die jaarlikse Abacus Maths kompetisie, wat op 12 Augustus plaasgevind het, verower.

Juffrou Frieda Milligan, wat die Abacus Maths aanbied, was die enigste afrigter met twee top presteerders in haar span.

Annerien Erwee (Graad R) het ook ‘n silver medalje verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button