Opgewonde Graad Sewe leerlinge en hul ouers het tydens die geleentheid ’n voorsmakie van Jansieland gekry.
Oos-Rand Stereo (93.9FM) het laat waai met lekker musiek en onderhoude met van die leerlinge gevoer.
In die lug was die reuk van worsrolletjies, wat deur Home Corp Boksburg aan almal uitgedeel is.
Alles het bygedra tot ’n heerlike, feestelike atmosfeer.

Home Corp, een van Jansen se borge vir die jaar, het aangekondig dat almal wat vir hierdie spesifieke kompetisie ingeskryf het fantastiese pryse kan wen, naamlik: Drie leerlinge kan beurse wen vir volgende jaar se skoolgeld, drie nuwe tablette en ’n 55” LED televisie.
Die ‘emoji-gees’ het ’n karnavalatmosfeer onketen.
Met smileys en geverfde gesiggies oral kon elkeen hulle geniet in Jansen se ‘emojiwêreld’ met ’n verskeidenheid stalletjies en aktiwiteite om aan deel te neem.
Daar was tot ’n selfie booth waar almal hulself kon afneem tydens die fees.
Die hotelskool het heerlike verversings vir die ouers gemaak en daar was springmielies en slush puppies vir almal.
Elke Graad Sewe leerling het deur verskeie feesstasies beweeg.
Daar was eksperimente, wiskunde inligting, tegniese tekeninge, kook locale, ’n gebedskamer en sportstalletjies.
In die saal het Hoërskool Dr EG Jansen hulle kortfilm bekend gestel nadat die skoolhoof, Leon de Beer, belangrike inligting met almal gedeel het.



