‘n Soet boodskap vir die Saries
Die Sarie Klub het sy 46ste verjaardag in ‘glitz en glam’ onlangs gevier te Summer Place.
GP van Rheede, van Oudtshoorn, dosent aan die Noordwes Universiteit, was die gasspreker.
Saam met hom het die orkes ‘It Takes Four’ opgetree.
’n Baie spesiale program het beloof om dit ’n heel interessante en opwindende oggend te maak.

In van Rheede se toespraak het hy genoem dat ons, metafories, suiker tot ons en ander se lewe moet voeg, en meen daar is verskeie maniere hoe ons die lewe kan opkikker.
Sy praatjie het hope vermaak verskaf en breë glimlagte op die bakkies gelaat.

It Takes Four het die dames – en ’n paar mans – laat terugdink aan hul jonger dae met die ikoniese treffers wat hulle gespeel het.

Soos oudergewoonte, is daar heerlik geëet en gesellig saam gekuier.
Aan die einde van die verrigtinge het kunstenaar Paul Botes een van sy skilderye aan van Rheede geskenk.



