Local newsNews
Leandi sal jou inspireer met ’n opbouende praatjie
Soos landswyd gesien in 60 vertonings, moenie Leandie du Randt se motiveringspraatjie, Gemaklik in jou lyf, op 25 Maart by Emperors Palace misloop nie.
Terug op publieke aanvraag, die praatjie beloof om ’n opbouende en inspirerende ervaring te wees.
En die talentvolle sangeres Irene-Louise van Wyk sal sorg vir vermaak as gaskunstenaar.
Die deure sal 7nm oopmaak en die praatjie sal plaasvind om 7.30nm in die Theatre of Marcellus.
Die vertoning is uitsluitlik vir dames.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



