NewsSchools

Concordia bederf oumas en oupas

Die Laerskool Concordia het hul jaarlikse Ouma en Oupa dag op 3 Maart gehou.

Op hierdie dag bring al die Graad Een leerlinge hulde aan hulle oumas en oupas.

Al die Graad Een leerlinge het op die verhoog bymekaar gekom en liedjies gesing vir die oumensies wat die dag meemaak.

Jandrie Brits saam met haar ouma, Trudie Haasbroek.

Die gaskunstenaar vir die oggend was pastoor Johan Swanepoel, wat die gaste met sy sang verras het.

Ná die verrigtinge het al die gaste na die Christo Lodder saal gegaan vir ’n feesmaal van koek en tee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button