Local newsNews
Kerk bedank onderwysers
Onderwysers van al die skole in Boksburg was genooi na ’n spesiale kerkdiens om hulle te bedank vir die werk wat hulle doen.
Pastoor Ben van Staden van die VEK (Volle Evangelie Kerk) Kruisgenerasie Boksburg Noord het hulle geseën en aan die Here opgedra vir 2017, op 29 Januarie.
“Dankie aan elkeen van ons onderwysers wat die diens bygewoon het. Mag die guns en seën van God op elkeen van jul bediening rus, terwyl julle ons kinders toerus vir die toekoms,” het Van Staden gesê.
Ná die diens het die onderwysers verversings met tee en koffie geniet en gesellig saam gekuier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



