NewsSchools

‘n Nuwe klok lui by Jansen

Die Hoërskool Dr EG Jansen het ’n nuwe tradisie ingewei.

Die skoolgrond huisves nou ’n klok wat deel is van ’n mynskag en koekepan wat Boksburg se verlede as ’n myndorp uitbeeld.

Die lui van die klok maak die Graad Agts van 2017 nou amptelik deel van EG Jansen en lui ook die begin van hulle era by die skool in.

Frik Coetzee was die eerste Graad Agt om die klok te lui. Sy pa, Frikkie Coetzee, is die terreinbestuurder by die skool.

Pieter Coetzee, Frik se broer, het in 2014 by die skool gematrikuleer en het die mynskag ontwerp.

IMG_0852_83686

Aan die einde van die jaar sal die Graad Twaalfs van 2017 die klok lui om hulle era by die skool af te sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button