NewsSchool sportSchoolsSport

Onoorwonne o-13 rugbyspan van EG Jansen hou reünie

Die onoorwonne Hoërskool Dr EG Jansen o-13 rugbyspan van 1977 hou bykans 40 jaar later ’n reunie by die Atlas-rolbalklub, in Atlasweg, op 26 November, vanaf 3nm.

’n Ou Advertiser artikel van 1977 lees dat dié span daardie jaar in 14 wedstryde ’n totaal van 592 punte aangeteken het met nie ’n enkele punt teen hulle nie.

Daar is 129 drieë gedruk en slegs 38 daarvan is verdoel.

Dit het as bewys gedien van die aanvallende benadering en ondernemingsgees van die span. Indien die drieë in die hoeke gedruk is, is daar nie eers gepoog om dit te verdoel nie. Hierdie span het eerder teruggeval om met die volgende aanval te begin om meer drieë te druk.

Jansen het slegs 19 seuns beskikbaar gehad in die o-13 ouderdomsgroep.

Die span was met elke wedstryd die kleinste op die veld met slegs twee atlete wat op interhoër presteer het.

Die afrigter, Casper Tereblanche, het geglo aan balbesit en die druk van drieë was die hoofdoel vir die span.

Die span het gereeld met bakstene geoefen in plaas van ’n rugbybal om hul vaardighede te verfyn.

Tereblanche het na elke drie die span herinner dat die telling steeds nul elk is en die wedstryd nog nie gewen is nie.

Die gemiddelde telling per wedstryd was 42 teen 0.

Dit is onseker of hierdie prestasie ooit gebreek of geëwenaar is gedurende die laaste 39 jaar.

Ongelukkig is drie van die spanlede reeds oorlede.

Vir enige navrae oor die reünie kontak Johan van Dyk by 082 901 6548.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button