NewsSchools

Ollie die Nar kuier by kleuterskool

Die kleuters van Angel Wings Kleuterskool, in Witfield, het jolig saam met Ollie die Singende Nar gesing en gekuier, tydens sy DVD opname by die skool, op 16 September.

Hierdie opwindende gebeurtenis was ook te viering van Ouma en Oupa Dag.

Oumas en Oupas van die Angel Wings kleuters is genooi om in hierdie spesiale geleentheid te kom deel.

Die kleintjies het vir hulle oumas en oupas gesing en dans. Daarna het Ollie die Nar met sy optrede begin, wat verfilm is vir DVD doeleindes.

Hy het liedjies gesing en die gehoor met toertjies vermaak. Ollie het die kinders ook ’n paar lewenslesse geleer.

Die interaksie tussen Ollie en die kleuters was genoeg om ’n glimlag op elke volwassene teenwoordig se gesig te sit.

 

Oumas en oupas, mammas en pappas kan die DVD bestel, as herinnering aan hierdie groot oomblik in hul jong spruite se kleuterskool loopbaan.

Dit was die eerste keer dat Ollie Angel Wings besoek het.

Ollie die Singende Nar, vertolk deur Pieter Vorster, is vanjaar reeds 20 jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

Al die toertjies wat hy vandag voor gehore doen, het hy self geleer.

Ollie se vele talente sluit in: kulkunsies, buikspraak, ry op die lang een wiel fiets, juggling, kul stokkies, ens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button