Local newsNews

Hope pret by Samaritaan Huis opedag

Die Samaritaan Huis in Sky Straat, Cason, bied gratis voorskoolse opleiding vir graad R aan minderbevoorregte kinders in die omgewing, en onlangs hul opedag gehou.

Enigiemand was welkom om die dag by te woon.

Daar was gratis worsbroodjies, koeldrank en lekkernye vir die kinders.

Die skool bied ook opvoeding vir graad RR en vertrou op donasies om ’n bestaan te maak.

In die 16 jaar wat die Samaritaan Huis ’n bestaan voer, het die eienaar, Marie Russell, besef dat daar ’n skerp uitvalsyfer onder minderbevoorregte skoolkinders in die gemeenskap is.

“Graad R is dus baie van belang,” het sy gesê.

“Indien die leerlinge nie graad R agter hul naam het nie raak hulle verlore in die sisteem, want die skool plaas druk op hierdie kinders.”

Sy vertel dat daar ouers is wat dit nie kan bekostig om hul kinders in die skool te sit nie.

“Ek wens ek kon die skooltjie uitbrei, sodat ons meer kinders ’n kans in die lewe kan gee,” het Russell gesê.

Sy maak nie net hierdie kinders gereed vir skool nie, maar sy stap ook ’n pad saam met hulle.

“Die kinders word in ’n huislike omgewing behandel, want hier is ’n ouma (Minnie van der Klashorst) wat omgee, troos en bederf,” het sy gesê.

“Ons skooltjie is klein, maar ons funksioneer met baie liefde.”

Die opedag was ’n reuse sukses en die kinders het hul gate uit geniet.

Jong, opkomende sanger en liedjieskrywer van Benoni, Charlene Olivier, het die jongelinge op hul voete gehad met bekende treffers, sowel as van haar eie liedjies.

Enige iemand of maatskappye wat ’n bydrae wil lewer tot die sukses van die skooltjie kan vir Russell kontak by 011 917 5591.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button