Die skool is baie trots op vier van die ses spanne, wat medaljes verower het.
Daar is vier uitblinkers gedurende die toernooi aangewys, naamlik Mindi Bouwer, Bianca Mooi, Johan Botha en Werner Engelbrecht. Hulle het goue medaljes ontvang.

Die o-19A seunsspan is liga- en trofeewenners.
Die o-19A meisiesspan is liga- en trofeewenners.
Die gemengdespan is naaswenners en verwerf silwer medaljes.

Die o-19B seunsspan verwerf brons medaljes.
Die o-19A seuns- en meisiesspanne neem op Saterdag, 10 September, deel aan die Noordelike Unies Skole Toernooi, in Pretoria.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



