NewsSchools

Oosies leerling presteer op nasionale vlak in stoei

Casey van Baalen van Hoërskool Oosterlig het tydens die Julie vakansie Oos-Gauteng by die Suid-Afrikaanse Kadettekampioenskappe verteenwoordig.

Benewens die feit dat Casey nie in die Grieks Romeinse styl spesialiseer nie, het hy ’n brons medalje verower.

Hy het ook ’n goue medalje verwerf in die Vrystyl kategorie.

Die Suid-Afrikaanse Kadettespan het op 11 Julie na Algerië vertrek om Suid-Afrika by die Afrika Kontinentale Kampioenskappe te verteenwoordig.

Tien Afrika lande en 180 stoeiers van Afrika het aan dié kampioenskappe deelgeneem.

Casey het in die Vrystyl kategorie ‘n silwer medalje by dié kampioenskappe losgeslaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button