Local newsNews

Hennie en Ellie herdenk 61 wonderlike jaar

Hennie (85) en Ellie Mellet (81) het op Saterdag, 3 September, hul 61ste huweliksherdenking gevier.

Die paartjie het mekaar jare gelede in Boksburg ontmoet en hulle is in die NG Kerk Boksburg-Wes, waar hulle nogsteeds lidmate is, in die huwelik bevestig.

Hennie en Ellie woon ook al vir meer as 38 jaar in Boksburg – eers in Parkdene en tans in Boksburg-Wes.

Die geliefdes het vyf kinders gehad, waarvan hulle twee seuns op ’n jong ouderdom aan die dood afgestaan het. Hulle het agt kleinkinders en een agterkleinkind.

Ellie was ook die suster van oorlede Sally Steyn, vrou van voormalige Boksburg burgemeester, Ben Steyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button