NewsSchools

Concordia hou Winter Eretoekennings

Om eer te bring aan al die leerlinge wat uitstekend op sportgebied, sowel as gedurende die eerste helfte van die jaar presteer het, het Laerskool Concordia sy Winter Eretoekeningsaand op 4 Augustus gehou.

Dié skool het vanjaar vir die 16de agtereenvolgende jaar die Interlaer gewen.

Laerskool Concordia het 36 atlete na die Boksburg Laerskole Atletiek Vereniging (BLAV) gestuur.

Ongeveer 29 atlete het vir die D6 gekwalifiseer en by Gauteng het die skool nege atlete gehad wat dit verteenwoordig het.

Drie atlete het deurgegaan na die SA’s vir atletiek waar Henrico Herman eerste gekom het in die 100m seuns o-13.

Daar is ook eer gebring aan die netbal- en rugbyspanne wat puik presteer het in hulle onderskeie ligas.

Die o-13 rugbyspan het hulle liga gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button