NewsSchool sportSchoolsSport

Laerskool landloop skop af

Die landloop seisoen vir laerskole het Dinsdag, 2 Augustus, te Boksburg-stadion afgeskop.

Die Laerskool Westwood het die geleentheid aangebied en al die laerskole in Boksburg het daaraan deelgeneem.

Daar was 10 items waaraan die atlete deelgeneem het, vanaf o-9 meisies en seuns tot en met o-13 meisies en seuns.

Die o-9’s en o-10’s hardloop 2km, en die onder 11s tot en met die onder 13 meisies hardloop drie kilometer.

Slegs die o-13 seuns hardloop vier kilometer.

Laerskool Concordia is vanjaar doelgerig om groot naam te maak tydens die landloopseisoen. Agter: Sanita Mkhwanazi, Lorinda Duvenhage, Laytin Smith en Joshau Lombard. Voor:  Marli van Krieken, Kaylee Nel en Corlise Stolz.
Laerskool Concordia is vanjaar doelgerig om groot naam te maak tydens die landloopseisoen. Agter: Sanita Mkhwanazi, Lorinda Duvenhage, Laytin Smith en Joshau Lombard. Voor: Marli van Krieken, Kaylee Nel en Corlise Stolz.

Daar sal drie byeenkomste plaasvind, waar die eerste 20 leerlinge in elke ouderdomsgroep kwalifiseer vir die Boksburg-kampioenskappe. Dit vind op 17 Augustus, by die Bokburg-stadion plaas.

Die eerste 10 leerlinge in elke graad kwalifiseer dan vir die D6-byeenkoms, wat op 26 Augustus, ook te die Boksburg-stadion plaasvind.

By D6 sal die eerste ses leerlinge kwalifiseer vir die Gauteng, wat ook hierdie jaar in Boksburg aangebied word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button