NewsSchools

Concordia hokkie bokkies wen vier uit sewe

Die Laerskool Concordia se o-13 meisieshokkie se oopspan het gedurende die Julie vakansie (11 tot 14 Julie ) na Camp Discovery gaan toer.

Hulle het sewe wedstryde gespeel, waarvan hulle vier gewen en een gelykop gespeel het, en twee verloor het.

Hulle het aan verskeie spanbou aktiwiteite deelgeneem, soos hindernisbane.

Elke oggend, ná ontbyt, is daar ’n twee-en-’n-halfuur lange afrigtingsessie aangebied om die leerlinge se vaardighede te ontwikkel.

In die middae het hulle dit toegepas deur wedstryde te speel.

Hulle afrigter, Eurika le Roux, is baie positief oor die komende hokkieseisoen wat tydens die derde kwartaal van die huidige skooltermyn plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button