NewsSchools

Oosies presteer op SA-vlak in ringbal

Die volgende leerlinge van die Hoërskool Oosterlig het hul SA-kleure in ringbal verwerf:

* Inge Vosloo: Graad 10, meisies o-17.

* Sharne van Wyk, Graad 11, meisies o-17.

* Michael Marasas, Graad 11, seuns o-17.

Bogenoemde spelers is betrokke by Elsburg Ringbalklub.

Tydens plaaslike proewe is hulle eers onderskeidelik gekies vir die Ekurhuleni-Noordspanne. Vandaar is hulle verder opgeneem in die Gautengspanne wat op 18 Junie aan die provinsiale kampioenskappe deelgeneem het.

Hier het hulle meegeding teen die ander provinsies en is daar ’n SA-span gekies wat in Augustus na Mauritius toer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button