NewsSchools

Pret vir almal by Corrie Comrades

Die Laerskool Concordia hou elke jaar ’n Corrie Comrades vir hulle leerlinge.

Vanjaar se wedloop het op Vrydag, 3 Junie, plaasgevind.

Die dag behels dat al die leerlinge in klasverband aan ’n wedloop om die skoolgronde deelneem.

Die graad vier tot ses leerlinge maak gereed om weg te spring.
Die graad vier tot ses leerlinge maak gereed om weg te spring.

Die graad een tot graad drie leerlinge hardloop of stap 3km, die graad vier tot graad ses leerlinge hardloop of stap 5km en die graad sewe leerlinge hardloop of stap 6km.

Dit is ’n pretdag wat almal terdeë geniet.

Die leerlinge het ook volgens ’n tema aangetrek, in klasverband.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button