Laerskool Goudrand vereer sy sterre
Mommas Over Matters (MOM), ’n nie-winsgewende organisasie, het twee bokse vol splinternuwe skryfbehoeftes aan dié skool geskenk vir die kinders wat nie toegang tot hierdie behoeftes het nie.
Talana Lopes en haar man, Jose, het die skryfbehoeftes wat hulle met behulp van donasies ingesamel het, op 6 Junie aan die skool oorhandig.
Die volgende persone en besighede het hierdie oorhandiging moontlik gemaak: Ultima Tax, Firstline IT, Blazing Hand Tattoos, Koffie Gallery, Sasol, Mums Party Packs, Siobhan Nel van Travel Counsellors, My Print Boutique, Made with Love Catering, LL Electrical, Sylvia Gough, Little Angels Crèche and Aftercare, Coffeespoonz and Afternoons, en Dolphins Corner.
“Namens die skool en leerders van Laerskool Goudrand kan ons ons dankbaarheid nie beskryf nie,” het juffrou Dia du Plessis gesê.
“Dit gaan skoolgee en die ontvang van kennis so vergemaklik – baie dankie.”
Volgens die skoolhoof, Francois Scholtz, gaan hierdie skenking van skryfbehoeftes veral vir die minder bevoorregte kinders ’n gelyke kans gee ten opsigte van hul onderrig.



