Local newsNews

85-Jarige hekel vir goud

Op 85-jarige ouderdom het Miemie Marais nog baie stamina in haar hande.

Die NG Kerk Hoëveld Sinode, Alberton, het aan haar ’n goue sertifikaat toegeken vir uitstaande handewerk op ’n babakombersie wat sy gehekel het.

“Ek is baie trots op myself om só ‘n prestasie op hierdie ouderdom te kry,” het Marais, van Witfield Park, gesê.

Sy gaan die kleurvolle babakombersie aan iemand gee, maar sy is nog nie seker wie die gelukkige persoon gaan wees nie.

Marais is baie lief daarvoor om te brei en hekel, en doen dit al haar hele lewe lank.

Sy het voorheen ook aan ’n kompetisie deelgeneem met iets wat sy ontwerp en gehekel het, en het eerste prys ontvang.

Sy is tans besig om nog ’n babakombersie te hekel, wat sy ook vir ’n kompetisie gaan inskryf.

“Hierdie een is nog mooier as die kombersie wat ’n goue sertifikaat ontvang het,” het sy met trots gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button